Michael Denzil Xavier Portillo (* 26 Mei 1953) is 'n Britse joernalis, radio- en televisie-omroeper en vroeëre konserwatiewe politikus en kabinetminister. Hy is vir die eerste keer in 1984 in 'n byverkiesing tot lid van die Britse Laerhuis verkies. Portillo, 'n groot bewonderaar van Margaret Thatcher en Euroskeptikus, het as junior minister onder Thatcher en John Major gedien voordat hy in 1992 self 'n kabinetslid geword het.

Gedurende die verkiesingsveldtog vir die Konserwatiewe Partyleierskap in 1995 is Portillo as 'n moontlike uitdager vir John Major beskou, maar het uiteindelik lojaal gebly. As minister van verdediging het hy druk uitgeoefen om Thatcher se regeringsbeleid van "klaar blou water" te volg - dit wil sê 'n suiwer konserwatiewe koers. Portillo het sy Enfield Southgate-setel in die algemene verkiesing van 1997 onverwags verloor.www.mirror.co.uk, 2 Mei 2017: On this day: The Portillo moment symbolises Tory humiliation as Labour wins in 1997 election landslide. Besoek op 11 Februarie 2018 Politieke kommentatore het aangeneem dat hy destyds kanse gehad het om as Konserwatiewe Partyleier verkies te word.

As wenner van die byverkiesing in Kensington en Chelsea het Portillo in 1999 na die Laerhuis teruggekeer en as skadukanselier van die Skatkis ook weer 'n plek op die opposisie-voorbank ingeneem, ondanks sy gespanne houding met die konserwatiewe partyleier William Hague. As kandidaat vir die partyleierskap is hy in 2001 naelskraap deur Iain Duncan Smith en Kenneth Clarke geklop om die derde plek in te neem. Met die algemene verkiesing van 2005 het Portillo uit die Laerhuis bedank en skenk sedertdien aandag aan sy mediabelange. Hy bied 'n verskeidenheid televisie- en radioprogramme aan.

Televisieprogramme Great Railway Journeys Great British Railway Journeys (tien reekse vanaf 2009) Great Continental Railway Journeys (ses reekse vanaf 2012) Great American Railroad Journeys (vier reekse vanaf 2016) Great Indian Railway Journeys (vanaf 2018) Great Alaskan and Canadian Railroad Journeys (vanaf 2019) Great Australian Railway Journeys (vanaf 2019) Great Asian Railway Journeys (vanaf 2020)

Spesiale program ter geleentheid van die herdenking van die Groot Oorlog in 2014 Railways of the Great War with Michael Portillo (Augustus 2014)

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste

Michaelportillo.co.uk

Kategorie:Britse joernaliste Kategorie:Britse ministers Kategorie:Ministers van Verdediging Kategorie:Geboortes in 1953 Kategorie:Lewende mense