Micheil Saakasjwili (Georgies: მიხეილ სააკაშვილი [mɪχɛɪl sɑɑkʼɑʃvɪlɪ]; Oekraïns: Міхеїл Саакашвілі; gebore 21 Desember 1967) is ‘n Georgiese en Oekraïens politikus en regsgeleerde.Ukraine Offers Saakashvili Post Of Deputy Prime Minister, RadioFreeEurope/RadioLiberty (22 April 2020). Hy was die derde president van Georgië vir twee opeenvolgende termyne van 25 Januarie 2004 tot 17 November 2013 (met 'n kort onderbreking in die winter van 2007 tot vroeg 2008). Van Mei 2015 tot November 2016 was Saakashvili die goewerneur van Oekraïne se Odesa-oblast.Georgian Saakashvili quits as Ukraine Odessa governor, BBC News (7 November 2016). Hy is die stigter en voormalige voorsitter van die Verenigde Nasionale Beweging. Saakashvili staan sedert 7 Mei 2020 aan die hoof van die uitvoerende komitee van die Oekraïne se Nasionale Hervormingsraad.Mikheil Saakashvili appointed to spearhead reform drive in Ukraine, Financial Times (7 Mei 2020).Georgian Ex-President Saakashvili to Get Ukraine Reform Role: Sources , New York Times (6 Mei 2020). Hy dien tans 'n tronkstraf uit in Georgië vir magsmisbruik en die organisasie van 'n ernstige liggaamlike besering van 'n opposisie-LP.Statement of the Prosecution Service of Georgio , Prosecutor's Office of Georgia (1 Oktober 2021).

Politieke loopbaan Saakasjwili was namens sy party, die Verenigde Nasionale Beweging, die opposisieleier in Georgië gedurende die Roosrewolusie in November 2003, waartydens president Edward Sjewardnadze tot uittrede gedwing is. Op 4 Januarie 2004 wen hy die presidentsverkiesing en op 25 Januarie van dieselfde jaar word hy as president ingehuldig.

Sedert hy in 2004 aan die bewind gekom het, het Saakasjwili sterk na die Weste gevry in ruil vir gesofistikeerde wapentuig en opleiding vir sy weermag. Onder sy bevel het hulle die betwiste streek Suid-Ossetië in 2008 binnegeval, nadat dit in die vroeë jare negentig van Georgië weggebreek het. Rusland het egter die gebied suksesvol verdedig en Georgië se troepe moes noodgedwonge onttrek.Die boodskap: Gee pad voor – Rusland is terug, Beeld, 15 Augustus 2008

Saakasjwili is bekend vir sy fel uitsprake, wat nie altyd die gewenste resultate lewer nie. Hy het van geboorte die Russiese voornaam "Michail". Hy het vir 'n lang tyd ook self die voornaam gebruik.Die uitspraak van Micheil Saakasjvili op http://taal.vrt.be, wat Michail vroeër homself gebruik het aldus die VRT

In Oktober 2021 is Saakashvili, wat sedert 2013 in ballingskap buite Georgië was, in hegtenis geneem nadat hy onwettig na sy land teruggekeer het. Hy het dit verdedig deur te sê hy is bereid om saam met sy landgenote in die land te veg.Géorgie: élections municipales au lendemain de l’arrestation de Mikheïl Saakachvili RFI

Verwysings

Eksterne skakels

Micheil Saakasjwili op Facebook Micheil Saakasjwili op YouTube

Kategorie:Georgiese politici Kategorie:Oekraïense politici Kategorie:Presidente Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense