Die Klaas Smitsrivier is 'n rivier naby Komani (Queenstown) en deel van die opvanggebied van die Groot-Keirivier in die Oos-Kaap, Suid-Afrika.
Die rivier ontspring suid van Molteno en vloei deur Sterkstroom, eers suidwaarts en dan suidooswaarts, voor dit by die Swart-Keirivier aansluit. 5 km suid van Komani sluit die Komanirivier by die Klaas Smitsrivier aan.
Tans is die Klaas Smitsrivier deel van die Mzimvubu tot Keiskama Waterbestuursgebied.Mizimbuvu to Keiskamma WMA 12
Verwysings
Kategorie:Groot-Keiriviersytakke