Die KwaZulu-Natal se krieketspan het die naam Hollywoodbets Dolfyne gebruik wanneer hulle in die Suid-Afrikaanse Sunfoilreeks eersterangse krieket speel, asook in die Momentum 1 Day Cup en "RamSlam Pro 20-reeks" kitskrieketkompetisies. Die span se tuisveld was Kingsmead-krieketveld, Durban. Ná afloop van die 2020/21-seisoen is die span tydens 'n hervorming van Suid-Afrikaanse krieket ontbind.

KwaZulu-Natal was die enigste span wat nog nie met 'n ander span saamgesmelt het vir die Sunfoil-reeks nie.

Verwysings

Kategorie:Krieket in Suid-Afrika Kategorie:Krieketspanne Kategorie:Sport in Durban