Die peulmahonie (Afzelia quanzensis) is 'n bladwisselende boom met 'n platterige kroon wat voorkom in klein stande op klipperige of sanderige grond. Die boom groei in Suid-Afrika in die noorde van KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo. Dit is ook inheems in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Somalië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Kenmerkend van die boom is die groot, swaar houtagtige peule. Die sade is groot en donkerbruin met 'n wasagtige, rooi arillus. Die blare is veervormig saamgestel met 'n hoë glans - donkergroen bo en dowwer onder. Dit is 'n beskermde spesie in Suid-Afrika, en kan net met die nodige lisensie benut word. Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe