Die bosoordeelboom (Erythrophleum suaveolens) is 'n middelgroot tot groot boom. Die spesie is 'n middelgroot boom wat 25 – 30 m hoog kan word en dikwels lae vertakkings het. Die bas het fyn skeurtjies en is grys van kleur. Dit het afwisselende blare; die blaarsteel en -spil kan 35 cm lank word. Die bloeiwyse is 'n okselstandige pluim met piekagtige trosse wat 12 cm lank kan word. Die vrug is 'n plat met 'n effens geboë peul. 5-17 cm x 3-5 cm.
Die bas word dikwels vir medisinale doeleindes gebruik en is in die laat 19de eeu ook na Europa uitgevoer waar dit teen hartsiektes gebruik is. Later is dit deur digitoksien vervang. Die hout van die boom is hard, swaar en duursaam. Die hout se kern is geelbruin of rooibruin en het 'n digtheid van 900 kg/m³ met 'n voggehalte van 12%. Die hout word baie stadig droog en kan vervorm en 5 – 8 % krimp in verskeie rigtings. Wanneer dit droog is, is dit taamlik stabiel. Die hout is moeilik om te saag, maar die hout is bestand teen swamme, termiete en houtboorders.
Verspreiding Die boom kom in Benin, Burkina Faso, Demokratiese Republiek die Kongo, Gaboen, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Liberië, Malawi, Mali, Mosambiek, Nigerië, Republiek die Kongo, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Tsjad, Tanzanië, Togo, Uganda, Zambië en Zimbabwe voor.
Dit word langs riviere en in tropiese woude in die Benede-Zambezivallei aangetref. Dit groei in vogtige halfbladwisselende woude, galerybosse en bosveld van seevlak tot 1 100 m hoog. Dit is afwesig in immergroenwoude.Timbers 2, PROTA, , , bls. 342ff
Sien ook Lys van uitheemse bome wat in Suid-Afrika voorkom Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online
Kategorie:Uitheemse bome in Suid-Afrika Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Erythrophleum Kategorie:Flora van Benin Kategorie:Flora van Burkina Faso Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Gaboen Kategorie:Flora van Gambië Kategorie:Flora van Ghana Kategorie:Flora van Guinee Kategorie:Flora van Guinee-Bissau Kategorie:Flora van Ivoorkus Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Liberië Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mali Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van die Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Senegal Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Sierra Leone Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Tsjad Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Togo Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe