duimnael|links|'n Boeing 707 van Olympic Airways styg op vanaf Ellenikon-lughawe in Griekeland in 1973 Die Boeing 707 was die eerste kommersiële passasierstraalvliegtuig wat deur Boeing-korporasie vervaardig is. Die vliegtuie is in verskillende konfigurasies gebou wat tussen 150 en 189 passasiers oor 'n afstand van 4 500 tot 9 500 km kon vervoer.

Boeing het in 1955 met 707-produksie begin, en die vervaardiging is uiteindelik in 1991 gestaak. In totaal is daar 1010 vliegtuie van hierdie model vervaardig, insluitend die Boeing 720, wat 'n korter weergawe van die model was. In 2013 het Saha Airlines van Iran die laaste kommersiële vlug van 'n Boeing 707 onderneem.https://www.britannica.com/technology/Boeing-707 Daar is vandag nog Boeing 707s in diens maar hoofsaaklik in militêre gebruik deur lugmagte onder andere; die Verenigde State van Amerika, Israel, Saoedi-Arabië.https://www.airliners.net/forum/viewtopic.php?t=1366233 Die vliegtuig se vier enjins is deur Pratt & Whitney en CFM International verskaf. duimnael|links|Vergelyking in grootte tussen 'n ou Boeing 707 (links) en 'n Boeing 747 (regs) wat jare later gebou is. Die Boeing 707 is in verskeie weergawes deur operateurs in Suid Afrika gebruik, hulle was onder andere:

Suid-Afrikaanse Lugdiens (1960-1980)http://www.saamuseum.co.za/saa-history.html Suid-Afrikaanse Lugmag (1982-2007)https://www.saairforce.co.za/the-airforce/aircraft/13/boeing-707-328c Trek Airways Inter Air

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Boeing Kategorie:Passasiersvliegtuie