Die Delagoadoring (Senegalia welwitschii, voorheen bekend as Acacia welwitschii) is 'n doringboom wat inheems is aan Suid-Afrika en voorkom in die provinsies Mpumalanga en Limpopo. Die spesie is ook inheems in Angola, Malawi, Mosambiek en Zimbabwe. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.
Die boom is gewoonlik groot en regop met 'n platterige kroon. Dit vorm digte stande op die noordelike vloedvlaktes soos in die Orpen-gebied van die Krugerwildtuin. In die suide van die wildtuin vorm dit ook 'n belangrike element van die Delagoa-ruigtes.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online
welwitschii Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe