Robin John Peterson (* 4 Augustus 1979 in Port Elizabeth, Kaapprovinsie) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy is 'n linkerarm-bouler en veelsydige speler. Hy het by Alexander Road High School in Port Elizabeth gematrikuleer in 1997. Hy speel vir die Kaapse Kobras in plaaslike Suid-Afrikaanse krieket.
Peterson maak sy EDI-debuut op 25 September 2002, teen Indië in Colombo. Hy het 15 toetse en meer as 70 eendagwedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2003, 2007 en 2011, die Kampioenetrofeë in 2002, 2004, 2006, 2009 en 2013, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2009 en 2012 vir Suid-Afrika gespeel.
Hy hou die twyfelagtige rekord as die bouler van wie Brian Lara 'n wêreldrekord van 28 lopies in 'n enkele boulbeurt gemoker het.
In Desember 2009 word daar aangekondig dat hy 'n Kolpak-kontrak onderteken het om vir Derbyshire graafskapskrieket te speel.
Hy is in die 2012 Indiese Premier League spelersveiling deur die Mumbai Indians vir $ 100 000 gekoop.
Toetskrieket Hy was die laaste bouler om Ricky Ponting uit te haal in toetskrieket, op glip gevang deur Jacques Kallis, ná Ponting net 8 lopies in sy laaste toetsbeurt kon aanteken.
Beste vertonings van sy loopbaan soos op 1 Februarie 2014 KolfBoulLopiesWedstrydPlekSeisoenBoulsyferWedstrydPlekSeisoenToetse61Suid-Afrika v BangladesjDhaka20036-44Proteas v BangladesjMirpur2011EDI23Proteas v Wes-IndiëCenturion20042-26Proteas v PakistanFaisalabad2006Twintig20 Internasionaal34Proteas v AustraliëCenturion20093-30Proteas v AustraliëWanderers2007Eersterangs130Oostelike Provinsie v GautengWanderers20026-67Oostelike Provinsie v Grens Buffalopark, Oos-Londen1999A-lys101Oostelike Provinsie v GrensSt George's Park, Port Elizabeth20017–24Warriors v EaglesBuffalopark, Oos-Londen2008Twintig-2072*Warriors v DolphinsOos-Londen20083–24Warriors v EaglesSt George's Park, Port Elizabeth2009
Verwysings
Eksterne skakels
Robin Peterson by CricketArchive Robin Peterson by Cricinfo
Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1979 Kategorie:Lewende mense