Die witessenhout (Bersama tysoniana) is 'n middelgroot boom wat voorkom in woude en aan woudrande vanaf Grahamstad tot in die Lebomboberge. Dit is inheems aan Suid-Afrika en Eswatini.
Die boom is immergroen, het 'n gladde gryserige stam en kan tot 20 meter hoog word. Dit dra klein roomwit blomme vanaf September tot Desember. Die blomme ontwikkel in rooi bessies. Die boom se FSA-nommer is 443.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World
Eksterne skakels
Kategorie:Bersama Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika