Die helikopterboom (Gyrocarpus americanus) is 'n middelgroot tot groot, bladwisselende boom wat voorkom op dolomiet in die noorde van Namibië. In die Zambezivallei en Limpopovallei groei die boom in warm, droë, laagliggende bosveld. Die stam is gewoonlik regop en die bas is glad en grys tot wit van kleur. Die volksnaam is afgelei van twee vlerke aan die vrug wat soos die skroef van 'n helikopter in die rondte draai wanneer die vrug val.
In Engels staan die boom bekend as Propeller tree.
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika americanus Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika