Cryptocarya is 'n genus van bladhoudende bome wat aan die lourier- en avokadopeerfamilie, Lauraceae behoort. Die genus omsluit meer as 350 spesies oor die Afrotropiese gebied, Indo-Maleisië en Australiese ekosones.
Suid-Afrikaanse spesies Vir 'n volledige lys van die 357 Cryptocarya spesies sien Lys van Cryptocarya spesies.
Agt spesies kom in Suidelike Afrika voor: Bloulourier (Cryptocarya angustifolia) Breëblaarkweper (Cryptocarya latifolia) Gewone wildekweper (Cryptocarya transvaalensis) Kaapse kweper (Cryptocarya woodii) Natalkweper (Cryptocarya natalensis) Rooikweper (Cryptocarya wyliei) Tropiese kweper (Cryptocarya liebertiana) Wildekanferboom (Cryptocarya myrtifolia)
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Kategorie:Bome van Afrika