Die Breëblaarkweper (Cryptocarya latifolia) is 'n boom wat as 'n oewerboom voorkom of groei tussen rotse in woude. Die boom het 'n meer beperkte verspreiding as die Kaapse kweper. Hierdie spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'afnemend' (declining) gelys. Die populasie het glo met 20% afgeneem in die laaste drie generasies (120 jaar). Dit is die gevolg van die oes van bas en van die vernietiging van habitat.
Die blare is glansend, fluweelagtig aan die bokant, groen tot ligbruin en dowwer aan die onderkant. Die boom se FSA-nommer is 113.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
duimnael|links|250px|Blaarvorm
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online
Kategorie:Cryptocarya Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika