Die Afrikageelmelkhout (Garcinia livingstonei) is 'n klein tot middelgroot boom wat deel van die Clusiaceae familie is.
Verspreiding Die spesie is inheems in Angola, Botswana, Burkina Faso, Comore-eilande, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Ethiopië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus,Kameroen, Kenia, Malawi, Mali, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Senegal, Somalië, Suid-Afrika, Tanzanië, Togo, Uganda, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die spesie in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga voor. Dit kom ook in die Zambezivallei voor. Die boom groei op laagliggende plekke in oop bosveld en in rivierbos.
Beskrywing Dit het stywe takkies wat reghoekig uitgroei. Die blare is styf, leeragtig, dof van kleur, ronderig en word in kranse van drie gedra. Die boom bring 'n oranje, bolvormige vrug voort met 'n sterk skil. Die vrug is eetbaar ondanks die dik, geel melksap en ook smaakvol.
Die boom se FSA-nommer is 486
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Bome van Afrika livingstonei Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burkina Faso Kategorie:Flora van die Comore-eilande Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Ghana Kategorie:Flora van Guinee Kategorie:Flora van Guinee-Bissau Kategorie:Flora van Ivoorkus Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mali Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van Senegal Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Togo Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe