Myricaceae is die Wasbessie-familie wat hoort tot die orde Fagales. Hierdie familie het 35 spesies wêreldwyd waarvan 5 spesies in Suider-Afrika voorkom en 3 spesies is bome.
Kenmerke van die familie Die blare is afwisselend, sag-en-leeragtig en gewoonlik saagrandig getand. Daar is opmerklike gestippelde klierhare op die blare, veral aan die onderkant. Die blare gee 'n aromatise reuk af wanneer hulle gekneus word.
Spesies Die volgende spesies kom in Suid-Afrika voor: Breëblaarwasbessie Morella pilulifera Duinewasbessie Morella cordifolia Smalblaarwasbessie Morella serrata
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bron Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
Verwysings
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Plantfamilies