Cunoniaceae is die Wilde-elsfamilie wat hoort tot die orde Oxalidales. Hierdie familie het 350 spesies wêreldwyd waarvan twee spesies in Suider-Afrika voorkom en al twee bome is. Wilde-elsbome is oor die algemeen groot.

Kenmerke van die familie Die blare is teenoorstaande en óf getrifolioleer óf veervormig saamgestel. Hulle is taamlik groot, tot 150 mm lank. Die pinnas se rande is skerp getand. Daar is groot steunblare wat groot, duidelike littetekens laat wanneer hulle afval. Die groeivorm is normaalweg regop maar leun soms oor oor strome.

Spesies Die volgende spesies kom in Suid-Afrika voor: Rooi-els Cunonia capensis Witels Platylophus trifoliatus

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bron Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013

Verwysings

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Plantfamilies