Die boswaterbessie (Syzygium gerrardii) is 'n boom wat deel van die Myrtaceae familie is. Die spesie is inheems aan Eswatini en Suid-Afrika. Die boom kan groot word in woude en het dikwels stutwortels. Die takkies is byna viervlerkig en jong blare is rooierig terwyl ouer blare ellipties is.
In Suid-Afrika kom die spesie in KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap voor.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
Kategorie:Syzygium Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika