Die Bosmirtebessie (Eugenia natalitia) is 'n klein tot middelgroot boom. Die boom kom verspreid voor deur kuswoud en afrikabergwoud vanaf Oos-Londen tot by die Lebomboberge en daar is ook 'n afgesonderde populasie op die oostelike hooglande van Zimbabwe. Die bas is gladderig ligbruin en kenmerkend is effens, hoekige gryserige takkies.
Die boom se FSA-nommer is 553.2.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi
Kategorie:Eugenia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe