Die duinemirtebessie (Eugenia capensis) is 'n struik of 'n klein boom wat tot die Myrtaceae familie hoort. Die spesie kom in die duinebos vanaf Port Elizabeth tot in die Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe voor. Die plant is 'n geoksiel.
Hierdie spesie is die maklikste uitkenbaar van die genus. Die blare is kenmerkend kruisgewys, teenoorstaande, sittend, byna rond met rande wat na onder gerol is. Die boom se FSA-nommer is 553.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Subspesies Daar is sewe subspesies: Eugenia capensis subsp. albanensis (Sond.) F.White Eugenia capensis subsp. capensis Eugenia capensis subsp. gueinzii (Sond.) F.White Eugenia capensis subsp. natalitia (Sond.) F.White Eugenia capensis subsp. nyassensis (Engl.) F.White Eugenia capensis subsp. simii (Dummer) F.White Eugenia capensis subsp. zeyheri (Harv.) F.White
Verwysings
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Kategorie:Eugenia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Ondergrondse bome Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe