Solanaceae is 'n plant familie wat hoort tot die orde Solanales en staan bekend as die aartappelfamilie. Daar is 2 000 spesies wêreldwyd wat hoort tot die familie en 50 van hulle kom plaaslik voor waarvan 10 bome is. Die familie is vegetatief uiteenlopend en baie van sy lede neig om onkruide te word. Belangrike spesies wat hoort tot die familie is aartappels, tamaties, soetrissies, paprika en brandrissies - almal belangrike voedselplante. Tabak is ook deel van die familie.
Boomspesies Bokbitterappel (Solanum aculeastrum) Geneesblaarboom (Solanum giganteum) Inkbessiebos (Cestrum laevigatum) Kraalkriedoring (Lycium afrum) Luisboom (Solanum mauritianum) Rivierkriedoring (Lycium hirsutum) Wildetabak (Nicotiana glauca)
Plantspesies Aartappel (Solanum tuberosum) Brandrissie (Capsicum frutescens) Nastergal (Solanum nigrum) Satansbos (Solanum elaeagnifolium) Soetrissie (Capsicum annuum) Tamatie (Solanum lycopersicum)
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bron Watter Boom is dit? Eugene Moll. 2013.
Verwysings
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Solanaceae