duimnael|links|Tweetalige padtekens in Friesland duimnael|links|Tweetalige padtekens in Drachten Wes-Fries of Westerlauwers Fries ((Westerlauwersk) Frysk, Nederlands: (Westerlauwers) Fries) is 'n Wes-Germaanse taal wat deur sowat 470 120 mense hoofsaaklik in die Nederlandse provinsies Friesland asook in Groningen gepraat word. Dit vorm saam met Nederlands die amptelike taal van Friesland (Fryslân). Die naam Westerlauwers Fries is afgelei van die historiese taalgrens langs die Lauwers-rivier in noordelike Nederland, wat dié taal van Oos-Fries geskei het, en vandag die grens van die twee provinsies Friesland en Groningen vorm.
Die naaste tale, wat nou aan Wes-Fries verwant is, is Noord- en Oos-Fries (hede net Saterland-Fries), wat uit Ou-Fries ontstaan het. Die naaste verwante tale is Engels en Skots, wat saam met die Friese tale die Anglo-Friese tale vorm.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Friesiese tale Kategorie:Friesland Kategorie:Tale van Nederland