Die selonsroos (Nerium oleander) is ’n immergroen struik of klein boom in die familie Apocynaceae. Dit is tans die enigste spesie in die genus Nerium. Dit word so algemeen gekweek dat die presiese oorsprong nog nie vasgestel is nie.

Die plant is van die Atlasgebergte in Noord-Afrika af na Suid-Afrika ingevoer en het hier genaturaliseer geraak. Hulle groei wild langs party van die Wes-Kaap se riviere. Die oleander is een van die heel giftigste tuinplante.

Eienskappe duimnael|links|200px|’n Peul met sy donsagtige sade. Die oleander word 2 tot 6 meter hoog, met regop stingels wat platter lê namate die plant ouer word. Die blare kom voor in groepe van drie; hulle is dik, smal, leeragtig, donkergroen en sowat 5 tot 21 cm lank. Die blomme groei in trosse aan die einde van elke stingel; hulle is wit, pienk of rooi, met ’n vyflobbige kroon om die sentrale kroonbuis. Hulle ruik soms soet, maar nie altyd nie. Die vrug is ’n lang, smal peul van 5 tot 23 cm lank wat oopbars as dit ryp word en verskeie donsagtige sade vrystel.

Die plant kom ook natuurlik voor in ’n groot streek, van Mauritanië, Marokko en Portugal ooswaarts deur die Middellandse See-gebied en die Sahara tot by die Arabiese Skiereiland, Suid-Asië en dele van China.Pankhurst, R. (red.) Nerium oleander L. Flora Europaea. Royal Botanic Garden Edinburgh. URL besoek op 2009-07-27.Bingtao Li, Antony J. M. Leeuwenberg, and D. J. Middleton. "Nerium oleander L.", Flora of China. Harvard University. URL besoek op 2009-07-27.

Die blomme is helder om insekte te lok wat help met voortplanting, maar hulle lok nie baie insekte nie omdat hulle geen nektar bevat nie.Herrera, J. (1991). The reproductive biology of a riparian Mediterranean shrub, Nerium oleander L.(Apocynaceae). Botanical journal of the Linnean Society, 106(2), 147-172.

Die oleander word algemeen in tuine en parke geplant, maar is weens sy giftigheid nie ’n gewilde huisplant nie. Dit is bestand teen droogte, swak grond en soms ligte ryp.Huxley, A.; Griffiths, M.; Levy, M. (reds.) (1992). The New RHS Dictionary of Gardening. Macmillan. . Daar is meer as 400 kultivars met blomme wat nie in die natuur aangetref word nie, soos pers en oranje of dubbele blomme.

Probleme As die plant geëet word, kan dit die spysverteringstelsel, hart en sentrale senuweestelsel aantas. Dit kan naarheid en vomering veroorsaak, asook maagpyn en diarree wat soms bloed bevat.Inchem (2005). Nerium oleander L. (PIM 366). International Programme on Chemical Safety: Inchem. URL besoek op 2009-07-27 Dit kan die hartklop versnel en dan weer tot laer as normaal laat afneem. Dit kan lomerigheid, bewing, toevalle en selfs ’n koma en die dood veroorsaak. Die sap kan die vel en oë irriteer.

By huisplante kan die blomknoppe nie oopgaan nie as die plant te koud is of te min son kry. Wolluise en dopluise kan voorkom.Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van indringerplante in Suid-Afrika

Verwysings

Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013

Eksterne skakels Clemson-universiteit: Feite oor die oleander Internasionale Oleandervereniging: Inligting oor giftigheid

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Monotipiese takson Kategorie:Indringerplante Kategorie:Blomme Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Huisplante Kategorie:Sierplante Kategorie:Struike Kategorie:Tuinplante