Die smalblad (Metrosideros angustifolia) is 'n klein boompie wat tot fynbos beperk word en lyk nes die Waterbessie. Dit is endemies aan die Wes-Kaap. Hulle leef op stroomoewers waar hulle voorkom as 'n klein boompie, groot eksemplare is skaars. Die boom word maklik aan sy smal, elliptiese, haarlose blare geïdentifiseer. Daar is gewoonlik 'n paar rooi blare hier en daar aan die boom.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online REDLIST Sanbi

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika