Musiek vir die agtergrond is 'n Afrikaanse rolprent wat op 11 Oktober 2013 in Suid-Afrika vrygestel is. John-Henry Opperman van die Klopjag-musiekgroep speel die hoofrol.
Genre Die rolprent is ’n drama. Dit het 'n 7 tot 9 OL-ouderdomsperk vir swak taalgebruik.
Hoofrolspelers John-Henry Opperman Lizelle de Klerk Brümilda van Rensburg Ian Roberts Terence Bridgett Neil Sandilands
Storielyn 'n Talentvolle en ambisieuse musikant besluit om homself oor te teken aan ’n vervaardiger van popmusiek wanneer sy meisie onverwags swanger raak. Sy talent as gerespekteerde liedjieskrywer en musikant word misbruik om oppervlakkige, kommersiële musiek te vervaardig. Sal die paartjie se liefde die kompromie wat hy ter wille van haar en die baba moet maak, oorleef?
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Eksterne skakels
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente