Eugenia is 'n genus van bome wat hoort tot die familie Myrtaceae. Die genus staan bekend as die Mirtebessies en daar is 1 189 spesieshttps://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:326088-2 wat tot die genus hoort. Daar kom ongeveer twaalf spesies in Suider-Afrika voor. Hulle is meestal struike en klein bome. 'n Paar is egter middelgroot bome en party is moeilik om uit te ken.
Spesies in Suid-Afrika Bosmirtebessie (Eugenia natalitia) Dikblaarbosmirt (Eugenia umtamvunensis) Duinemirtebessie (Eugenia capensis) Grootblaarmirtebessie (Eugenia erythrophylla) Harige mirtebessie (Eugenia woodii) Kleinblaarmirtebessie (Eugenia verdoorniae) Papierbasmirtebessie (Eugenia zuluensis)
Verwysings
Bronne
Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Kategorie:Bome van Afrika