Eucalyptus is 'n genus van bome wat hoort tot die familie Myrtaceae. Die genus staan bekend as die Bloekoms. Hierdie genus is oorheersend in Australië waar almal behalwe een van die ongeveer 750 spesies endemies is.

Meer as 10 van die spesies word as aggressiewe indringerplante beskou in natuurlike gebiede van Suid-Afrika.

Kenmerke Die bome word volgens hulle baskenmerke in drie groepe verdeel: Bome met 'n baie skurwe, sterk veselagtige bas oor die hele stam Bome met gladde bas wat nie noodwendig oor die hele lengte van die stam strek nie Bome met gladde bas wat in stukke van verskillende groottes afskilfer

Die grootte en vorm van die bloekomneute en die struktuur van die bloeiwyse word gebruik vir spesie-identifikasie. Die blare word nie gebruik vir identifikasie nie; hulle lyk almal dieselfde.

Bloekoms het gewoonlik hoë, regop stamme. Weens die regop stamme en feit dat die bome vinnig groei, word die bome wêreldwyd aangeplant vir die produksie van latte, pale en hout. Hulle word ook as windskerms en sierbome gebruik. Byeboere plaas hulle korwe in bloekomplantasies omrede die bome volop nektar produseer, wat deur die bye versamel word vir die maak van heuning.

Spesies in Suid-Afrika Karie - Eucalyptus diversicolor Rooibloekom - Eucalyptus camaldulensis Salignabloekom - Eucalyptus grandis Spinnekopbloekom - Eucalyptus lehmannii Suikerbloekom - Eucalyptus cladocalyx

Bron

Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013

Verwysings

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van indringerplante in Suid-Afrika

Kategorie:Bome van Afrika