Die Goudwewer (Ploceus xanthops) is 'n gelokaliseerde, algemene standvoël in boomveld en savanne. Hulle broei alleen of in klein kolonies, gewoonlik oor water en is monogaam. Die nes is kompak met 'n kort ingangstonnel. Die voël is 17 cm groot en weeg 35 - 50 gram. In Engels staan die voël bekend as die African Golden Weaver.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Wewervoëls