duimnael|300px|Grootouers met hulle kleinkind. duimnael|300px|Ouma speel saam met haar kleinseun.
Grootouerdag, of Oupa- en Oumadag, is 'n dag waarop kinders hulle grootouers eer. Jongmense word aangemoedig om hul grootouers te respekteer en as beskermers van ouer persone se regte en welstand op te tree. In Suid-Afrika word die dag jaarliks op die eerste Sondag van Oktober gevier, kort na die Internasionale Dag vir Ouer Persone, wat op 1 Oktober gedenk word.Grootouer-dag, Volksblad, 18 Oktober 2003
Idees vir grootouerdag Idees vir kinders om grootouerdag vir ouma en/of oupa spesiaal te maak: Skryf 'n briefie om te sê dat hulle die beste ouma/oupa ter wêreld is; Neem 'n foto van jou en jou ouma/oupa of teken 'n prent; Pluk vir hulle blomme; Maak hulle tuin netjies en plant 'n paar lenteblomme.
As jy nie meer grootouers het nie: Reël 'n teeparty vir senior burgers; Hou 'n intergenerasie-pretdag; Besoek 'n ouetehuis en neem 'n grootouer aan; Samel geld in ter ondersteuning van ouer mense.
Gebed van ’n bejaarde Die gebed van ’n bejaarde (digter onbekend):
Verdere naleeswerk Prediker 12 in die Bybel.
Verwysings
Kategorie:Feesdae