Die bruinkeelwewer (Ploceus xanthopterus) is 'n gelokaliseerde, algemene standvoël in woud en bossieveld, naby broeiplekke in vleie. Die voël is poliginies. Hulle broei alleen of in klein kolonies, dikwels saam met ander wewers. Die nes is taamlik yl sonder 'n ingangstonnel. Die voël word 14 cm groot en weeg 18 – 30 gram. In Engels staan die voël bekend as die Southern brown-throated weaver.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Wewervoëls