Die dikbekwewer (Amblyospiza albifrons) is 'n sangvoël in die wewerfamilie wat inheems is aan Afrika suid van die Sahara. Dit is 'n algemene standvoël en plaaslike nomade van woudrande en welige plantegroei, dikwels naby water. Hulle bly gewoonlik in klein kolonies met netjiese, fyngeweefde neste wat 'n syingang het en aan riet- of bamboesstingels geheg word. Die slaapneste het groter ingange as die broeineste. Die voël is poliginies. Die voël is 18 cm groot en weeg 35 - 56 gram. In Engels staan dit as die thick-billed weaver bekend.

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Wewervoëls Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin