Die buffelwewer (Bubalornis niger) is 'n algemene standvoël en plaaslike trekvoël in droë boomveld en savanne. In Engels staan die voël bekend as die Red-billed buffalo weaver.

Beskrywing Die voël word tussen 21 en 24 cm groot en weeg van 64 tot 92 gram. Mannetjies is oorwegend swart en wyfies bruin gekleurd. Albei geslagte het rooi snawels en wit basisse aan die slagvere. Onvolwassenes verskil van die wyfies deur die ligte spikkels en bande oor die keel-, bors- en pensvere.

Gewoontes Hulle broei in groot, slordige stokkiesneste, elk met een tot 10 broeikamers, in 'n groot boom of kragmas. Sommige mannetjies is poliginies en bou verskeie neste om wyfies te lok. Ander mannetjies vorm koalisies en help om die kleintjies groot te maak.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Klein vyf diere

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Wewervoëls