Die koringvoël (Plocepasser mahali) is 'n algemene standvoël in doringboomsavanne en droë boomveld. Hulle kom gewoonlik in groepies voor en broei koöperatief. Die neste is slordige bondels gras aan die kant van doringbome se blaredak. Die voël is 17 cm groot en weeg 41 - 54 gram. In Engels staan die voël bekend as die White-browed sparrow-weaver.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Wewervoëls