Die bergkoester (Anthus hoeschi) is 'n broeiende-endemiese voël en algemene besoeker van Oktober tot April. Die voël leef in berggrasveld en sy nie-broeigebied is waarskynlik Sentraal-Afrika. Hulle kan in die winter op enige plek noord van die Drakensberg aangetref word. Die voël is 19 cm groot en weeg 27 gram. In Engels staan die voël bekend as die mountain pipit.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Koesters