__NOTOC__
Die boomkoester (Anthus trivialis) is 'n palearktiese-broeiende voël en besoeker gedurende November tot Maart. Die voël is gelokaliseerd, algemeen in Zimbabwe en seldsaam elders.
Die voël kom een-een of in los groepe in boomveldooptes voor. Hulle soek kos op die grond en vlieg in bome op wanneer hulle gesteur word en loop dan soos die boskoester op die takke. Die voël is 14 cm groot en weeg 22 gram. In Engels staan die voël bekend as die tree pipit.
Galery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Koesters