Die kortstertkoester (Anthus brachyurus) is 'n skaars standvoël en plaaslike trekvoël. Dit verlaat hoogliggende gebiede in die winter. Hulle verkies grasagtige heuwelhange op plekke met kort, digte gras insluitend onlangs-afgebrande dele. Die voël is 12 cm groot en weeg 17 gram. In Engels staan die voël bekend as die Short-tailed pipit.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Koesters