Die gestreepte koester (Anthus lineiventris) is 'n gelokaliseerde, algemene standvoël op klipbestrooide heuwelhange in boomveld. Die voël vlieg in bome in wanneer hy gesteur word en word maklik misgekyk wanneer hy nie sing nie. Die voël is 18 cm groot en weeg 34 gram. In Engels staan die voël bekend as die Striped pipit.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Koesters