Die Breëstertgrasvoël (Melocichla mentalis) is 'n skaars standvoël in welige gras aangrensend aan woude en bosooptes, dikwels naby water. Hulle kom een-een voor of in pare. Die voël is 20 cm groot en weeg 33 – 38 gram. In Engels staan die voël bekend as die Moustached Grass Warbler.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Sangvoëls