Die Perseus-sterrestelselswerm (Abell 426) is ’n sterrestelselswerm in die sterrebeeld Perseus. Dit het ’n rooiverskuiwing van 5 366 km/s en ’n deursnee van 863′. Dit is een van die naaste ryk swerms en bevat 500 tot 1 000 sterrestelsels in ’n wolk van gas.

Eienskappe Die swerm bestaan hoofsaaklik uit gelerige elliptiese en lensvormige sterrestelsels en het ’n geskatte gesamentlike massa van .

Die swerm bevat onder meer die sterk radiobron Perseus A (3C 84), wat met die reusagtige sterrestelsel NGC 1275 in die middel van die swerm verbind word. Die plasma in die middel van die swerm om NGC 1275 is ook die bron van sterk X-strale, wat die Perseus-sterrestelselswerm die helderste swerm in die X-straalband maak.

In 2003 het ’n span sterrekundiges onder leiding van dr. Andrew Fabian aan die Universiteit van Cambridge ná 53 uur van waarnemings met Chandra die diepste akoestiese toon nog in die heelal ontdek, ’n B♭.Fabian A.C., et al., A Deep Chandra observation of the Perseus cluster: shocks and ripples, 2003, MNRAS, 344, L43 ’n Mens sal nie die toon kan hoor nie, want dit is 57 oktawe laer as die middelste sleutels van ’n klavier. Dit lyk of die radiogolwe uit die aktiewe kern van NGC 1275 kom.

Sien ook Abell-katalogus Sterrestelselswerm Sterrekundeportaal

Verwysings

Eksterne skakels Sterrekunde-foto van die dag Die Perseus-swerm op Apod Fabian, A.C., e.a. A deep Chandra observation of the Perseus cluster: shocks and ripples. Royal Astronomical Society. Vol. 344 (2003): L43 (arXiv:astro-ph/0306036v2).

15px Hierdie artikel is hoofsaaklik vertaal uit die Duitse Wikipedia

Kategorie:Sterrestelselswerms