Robert se Kwartet is ’n kompakte sterrestelselgroep sowat 160  miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Feniks. Dit bestaan uit vier uiteenlopende sterrestelsels wat besig is om te bots en saam te smelt. Die stelsels is NGC 87, NGC 88, NGC 89 en NGC 92, wat in die 1830's deur John Herschel ontdek is.

Die kwartet is een van die beste voorbeelde van kompakte groepe sterrestelsels. Omdat sulke groepe vier tot agt sterrestelsels in ’n baie klein streek bevat, is hulle ideaal vir die bestudering van galaktiese wisselwerkings en die invloed wat dit het, veral op die vorming van nuwe sterre. Die groep het ’n totale skynbare magnitude van amper 13. Die helderste stelsel het ’n skynbare magnitude van sowat 14. Die vier stelsels lê almal in ’n sirkel met ’n radius van 1,6  boogminute (sowat 75  000 ligjare).

Lede duimnael|287px|Die grootste lid van Robert se Kwartet is NGC 92, n spiraalsterrestelsel met n ongewone voorkoms. + Lede van Robert se Kwartet Naam Tipe Afstand van die Son af(in miljoen ligjare) Magnitude NGC 87 IBm pec. ~160 +14,5 NGC 88 SB(rs)a pec. ~160 +15,21 NGC 89 SB0(s)a pec. ~160 +14,57 NGC 92 SAa pec. ~160 +14,29

Sien ook Stephan se Kwintet Seyfert se Sekstet Sterrekundeportaal

Eksterne skakels Foto van ESO "What's In A Name?"

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Sterrestelselswerms