Die Geelpensbossanger (Eremomela icteropygialis) is 'n algemene standvoël in halfdorre savanne, breëblaarboomveld en ruigtes. Hulle kom gewoonlik een-een of in pare voor. Die voël is 10 cm groot en weeg 6 - 9 gram. In Engels staan die voël bekend as die Yellow-bellied eremomela.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Sangvoëls