Die Donkerwangbossanger (Eremomela scotops) is 'n redelik algemene standvoël in breëblaarboomveld, veral miombobome; ook by mopanie- en rivierbos. Hulle kom gewoonlik in groepies voor. Die voël is 11 – 12 cm groot en weeg 8 - 11 gram. In Engels staan die voël bekend as die Green-capped Eremomela

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Sangvoëls