Die tuinsanger (Sylvia borin) is 'n algemene en wydverspreide klein voëltjie wat in die grootste deel van Europa en in die Palearktiese gebied tot in die weste van Siberië broei. Dit is 'n langvlerk en langstert tipiese sanger met 'n bruin bolyf en vaalwit onderlyf; die geslagte is soortgelyk en die kleintjies lyk soos volwassenes. Die twee subspesies daarvan verskil slegs effens en kruis waar hul variëteite oorvleul. Vanweë die gebrek aan onderskeidende kenmerke, kan hierdie spesie verwar word met 'n aantal ander ongestreepte sangers. Die ryk melodiese liedjie van die tuinsanger is soortgelyk aan dié van die swartkroonsanger, sy naaste familielid, wat meeding om grondgebied wanneer hulle in dieselfde bos nesmaak. Die voël kom in digte ruigtes in woud-, bos- en rivierwoonplekke voor. Hulle is sku en word maklik misgekyk. Hulle word 14 cm lank en weeg 16 – 24 gram. In Engels staan die voël bekend as die Garden Warbler.

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Ouwêreldse sangers