Die Ruigtesanger (Bradypterus barratti) is 'n endemiese, algemene standvoël en hoogtetrekvoël in braamruigtes en ander lae, digte struikgewas van immergroen woude en plantasies. Die voël is 15 cm groot en weeg 17 - 20 gram. In Engels staan die voël bekend as die Barrat's Warbler.

Verspreiding en leefgebied Daar is 4 subspesies: B. b. barratti: noordoostelike Suid-Afrika en suidwestelike Mosambiek. B. b. godfreyi: die laaglande van oostelike Suid-Afrika. B. b. cathkinensis: die hooglande van oostelike Suid-Afrika en Lesotho. B. b. priesti: oostelike Zimbabwe en westelik-sentraal Mosambiek.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Sangvoëls