Die sprinkaansanger (Locustella fluviatilis) is 'n skaars palearkties-broeiende trekvoël in digte ruigtes in boomveld en rivierruigtes. Die voël is sku en word eerder aan sy sang opgespoor. Die voël word 14 cm groot en weeg 14 - 20 gram. In Engels staan die voël bekend as die River warbler
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Sangvoëls