duimnael| Hippolais icterina
Die spotsanger (Hippolais icterina) is 'n redelike algemene Palearkties-broeiende trekvoël in ruigtes in savanne, dorre boomveld, droë rivierbeddings, plantasies en tuine. Hulle kom meestal een-een voor. Die voël is 13 – 14 cm groot en weeg 10 – 18 gram. In Engels staan die voël bekend as die Icterine Warbler.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Sangvoëls