Samuel Cron Cronwright (distrik Bedford, Kaapland, 26 Januarie 1863 – Rondebosch, 8SA History Online. URL besoek op 8 Augustus 2013. of 9Potgieter, D.J. (hoofred.) Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Ltd., 1973. September 1936) was 'n Suid-Afrikaanse openbare figuur, boer, prokureur, sakeman, politikus en 'n biograafAfrican History se biografie van Schreiner . URL besoek op 8 Augustus 2013. van sy eerste vrou, Olive Schreiner, wie se van hy van hul huwelik in Februarie 1894 tot vier jaar ná haar dood in 1920 deel van syne gemaak het, toe hy bekendgestaan het as Samuel Cron Cronwright-Schreiner. Dit was destyds selfs meer ongewoon as vandag, maar hy het dit op haar versoek gedoen omdat hy haar oortuigings oor vroueregte en die bevryding van die vrou gedeel het.
Cronwright het met die jare 'n omstrede figuur geword weens sy biografie oor sy vrou, The life of Olive Schreiner (1924), en veral weens die wyse waarop hy haar briewe uitgekies, geredigeer en gesny het voor hy dit gepubliseer het, asook die publikasie van sommige van haar werke wat sy uitdruklik in haar testament gevra het nie gepubliseer moet word nie.
Hy is ook al daarvan beskuldig dat hy geen begrip vir sy vrou se genialiteit gehad het nie.'n Oorsig oor die essay Olive Schreiner and the liberal tradition. URL besoek op 12 Augustus 2013. Hy word beskryf as 'n gevoelsmens, pleks van 'n letterkundige, en hoewel hy intelligent was en heelwat werke uit sy pen verskyn het, word hy selde enigsins as 'n skrywer beskou, veral nie een met meriete nie. Sy benadering tot sy vrou se geskrifte word ook as "fantasieloos" beskryf omdat hy deurentyd feite van versinsels wou skei, iets waarop sy nooit gesteld was nie.
Tog het hy veral in die eerste jare van hul getroude lewe feitlik alles opgeoffer ter bevordering van haar skrywersloopbaan en altyd getrou aan haar gebly. Dit het dan ook 'n tyd lank geblyk dat hy bestendigheid in haar lewe sou kon bring, veral toe die sekerheid van moederskap meer aantreklikheid aan die huwelik verleen het.
Toe sy dit ná skaars 'n jaar op sy huurplaas, Krantz Plaats in die distrik Cradock, nie meer kon uithou nie weens haar gedurige asma-aanvalle en omdat sy stilte en afsondering wou hê terwyl die plaas gewemel het van die werkmense, het hy ter wille van haar die boerdery prysgegee wat hy eiehandig oor nege jaar opgebou het sodat hulle elders kon gaan woon.
Verskeie kritici het met die jare aan die hand gedoen dat haar asma, wat sy aangegee het as die vernaamste rede vir haar rusteloosheid, deur haarself veroorsaak is en die gevolg was van 'n diep gesetelde emosionele onbestendigheid.De Kock, W.J. (hoofred.) Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek Deel I. Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk, 1968. Niemand twyfel egter daaraan dat die liggaamlike lyding wat sy gevolglik moes verduur, eg was nie.
Toe sy kort ná hul vertrek van die plaas daarop aandring om op Kimberley te gaan woon pleks van op 'n huurplaas waar Cronwright steeds die enigste beroep sou kon beoefen wat hy geken het, moes hy dit laat vaar om aan haar wens gehoor te gee. Enkele jare later, toe hy hom in Johannesburg byna as 'n prokureur bekwaam het, moes hy weereens verhuis weens haar gesondheid.
Volgens Schreiner se biograaf Vera Buchanan-GouldBuchanan-Gould, Vera. 1948. Not without honour – the life and writings of Olive Schreiner. Londen: Hutchinson. was Olive met al haar eienaardighede teen omstreeks 1910 ’n las vir Cronwright en beweer sy dat hy indertyd nie meer veel selfopofferende toewyding getoon het nie en selfs dat hy, wat die eerste man op De Aar was wat ’n motorkar besit het, so suinig was dat hy geweier het om haar te trakteer op ritte in sy motor en dat sy net toegelaat is om dit uit die verte te bewonder.
Nog ’n biograaf, Johannes Meintjes, voer egter aan dat hy, hoewel hy hard aan sy onderneming gewerk het, nie ’n probleem met haar talle eksentrisiteite gehad het nie, dat dit hom net nog liewer vir haar gemaak het en hoewel sy kwaai druk op sy senuwees moes geplaas het, hy haar steeds met die grootse geduld versorg het.
Biograwe verskil oor die laaste dekade van hul lewe. Sommige beweer die egpaar het ál meer van mekaar verwyderd geraak totdat hulle van omstreeks 1913 af tot haar dood in 1920 so te sê vervreemd was. Volgens hulle het die twee eers tydens die laaste maand van haar lewe, in Londen, versoen geraak voordat sy na haar vaderland teruggekeer het om daar te sterf.
Meintjes skryf egter dat hulle voortdurend liefdesbriewe aan mekaar geskryf het en opreg na mekaar verlang het toe hulle, weens die Eerste Wêreldoorlog, noodgedwonge geskei was.
Herkoms duimnael|links|Die Anglikaanse katedraal van St. Michael en St. George in Grahamstad waar Cronwright se ouers in 1860 getroud is. Die toring is eers in 1878 opgerig en ná talle veranderings met die jare is die dameskapel in 1953 voltooi toe die katedraal sy huidige vorm aangeneem het. Die oudste gedeelte van die gebou is reeds in 1830 voltooi.'n Bondige geskiedenis van die katedraal van St. Michael en St. George . URL besoek op 9 Augustus 2013. Grahamstad het in 1853 stadstatus verkry toe 'n biskop aangestel is en die kerk 'n katedraal geword het. Samuel Cron Cronwright se moeder, Zipporah Featherstone (3 Januarie 1835, Fort England, Grahamstad – 8 Junie 1912, MuizenbergBesonderhede op 'n webtuiste oor die Featherstone se familiegeskiedenis. URL besoek op 8 Augustus 2013.), se ouers was Lucy Finaughty en Robert Featherstone. Mej. Finaughty, wat deels van Ierse herkoms was, was 'n kind van een van die vroeë Britse Setlaars wat hom gaan vestig het in Laer-Albanie (tussen Grahamstad en die see). Sy het as jong dogter saam met haar ouers na Suid-Afrika gekom en is getroud met Robert Featherstone, die seun van ’n Engelse boer naby Bristol wat ’n soldaat in die Britse Leër was. Robert Featherstone was saam met sy afdeling in Grahamstad gestasioneer. Ná sy huwelik het hy uit die leër getree en gaan boer. Sy ou plaas naby Grahamstad heet vandag nog Featherstone Kloof. Cronwright se moeder is in 1835 in Grahamstad gebore en het haar lewe lank nooit buite die Kaapkolonie gereis nie.
Sy vader se ouers was eerw. John Wright en Margery Cron. Hulle is in Engeland getroud. Mej. Cron was deels van Skotse herkoms en haar familie was afkomstig van Dumfries. Die egpaar was taamlik jonk toe hulle in 1822, kort ná hul huwelik, deur die Londense Sendinggenootskap uitgestuur is om onder die inboorlinge van Suid-Afrika te gaan werk. Hulle het eers twee jaar op Theopolis naby Grahamstad gewoon en is toe verplaas na Griekwastad om onder die Griekwas en die Betsjoeanas te gaan werk. Eindelik is hulle in 1842 na Philippolis in die Suid-Vrystaat verplaas.
Cronwright se vader, Samuel Cron Cronwright (1834–1888), is in Kaapstad gebore terwyl sy ouers daarheen gereis het van Griekwaland-Wes af saam met die Griekwa-hoofman Waterboer om die imperiale owerheid oor die een of ander saak te spreek. Cronwright het later geskryf dit is merkwaardig dat sy oupa en Olive Schreiner se pa, Gottlob, in ’n stadium op dieselfde sendingstasie gewerk het.
Geeneen van Cronwright se grootouers het, nadat hulle hul in Suid-Afrika kom vestig het, ook weer Engeland besoek nie. Al hul kinders is ook in Suid-Afrika gebore. Drie van hulle is in Grahamstad begrawe en die sendeling Wright op Philippolis. Cronwright se vader, ook Samuel Cron Wright, was 13 jaar oud toe hy Engeland toe gestuur is om daar skool te gaan. Hy was 17 met sy terugkeer in Suid-Afrika en het nooit weer die land verlaat nie. Ná sy skoolopleiding het hy eers ’n sakeman geword en later gaan boer, in welke tyd hy op 15 Mei 1860 in die Anglikaanse katedraal van St. Michael en St. George in Grahamstad getroud is met mej. Featherstone. Hy was later vier jaar agtereenvolgens burgemeester van Grahamstad en het Albanie twee maal van 1866 tot 1884 in die ou Kaapse Wetgewende Vergadering verteenwoordig.
Hoewel die familienaam eintlik Wright was, het Samuel Cronwright in 1857 sy en sy familie se van verander na Cronwright nadat hy sy naam tot in daardie stadium in elk geval geteken het as "Cron wright" met 'n kleinletter "w". Hy het sy twee doopname, Samuel Cron, behou en sodoende het sy seun ook bekendgestaan as Samuel Cron Cronwright, wat die tweede van sy ouers se agt kinders was.
Jeugjare Cronwright is 'n jaar ná die groot droogte van 1862 op sy vader se skaapplaas, Gideonshoek, in die distrik Bedford gebore en sowat twee jaar later het die gesin verhuis na Grahamstad, waar sy vader 'n sakeonderneming begin het en 'n winkelier en handelaar geword het. Later het Samuel Cronwright sr. ook aktief aan die plaaslike politiek deelgeneem.
Cronwright het sy opleiding in Grahamstad, waar hy van 1866 tot 1884 gewoon het, ontvang aan die Anglikaanse seunskool St. Andrew's-kollege, waar hy in verskeie sportsoorte uitgeblink en kaptein was van die eerste rugby- sowel as krieketspan. Dit is op sigself waarskynlik nie so 'n groot prestasie nie omdat die skool se getal leerders in 1882 tot net 17 gedaal het, en dit gevaar geloop het om te sluit.Die geskiedenis van St. Andrew's-kollege . URL besoek op 8 Augustus 2013. Dit was wel 'n prestasie dat hy in daardie jaar aangewys is as die stad, destyds die naasgrootste nedersetting in die Kaapkolonie,Die geskiedenis van Grahamstad op SA Travel Directory. URL besoek op 8 Augustus 2013. se kampioenatleet. Hy was ook kaptein van die plaaslike rugbyspan, was gek oor gimnastiek en boks en allerlei sportsoorte en oefeninge.
Volgens 'n biograaf van sy vrou, die skilder, skrywer en amateur-geskiedkundige Johannes Meintjes, was Cronwright 'n aantreklike ("attractive, almost handsome") jong man met pikswart hare, sterk gelaatstrekke en mooi oë. Hy was met 'n lengte van 1,8 m nie uitsonderlik lank nie, maar was sterk gebou en het oor groot liggaamskrag beskik. Dié atletiese jong man het 'n buitengewone belangstelling in studie getoon en was besonder intelligent. In die vyfde vorm (deesdae se gr. 11) het hy St. Andrew's se Barry-prys vir die beste opstel, waarvoor die hele skool in aanmerking gekom het, gewen. In dié stadium was hy heeltemal eentalig Engels en sou eers later as boer in die distrik Cradock die "Taal" (Afrikaans-Hollands) leer praat en groter begrip vir die Afrikaners ontwikkel.Meintjes, Johannes. 1965. Olive Schreiner: Portrait of a South African Woman. Johannesburg: Hugh Keartland Publishers.
Ná skool duimnael|180px|Samuel Cronwright as 'n jong boer. Cronwright het die intermediêre B.A. geslaag in die eerste jaar wat dit aangebied is, maar weens die een of ander geldelike terugslag wat sy vader beleef het, waarskynlik 'n sakeonderneming wat misluk het, moes hy sy universiteitsloopbaan, wat beloof het om uitmuntend te wees, prysgee. Hy het St. Andrew's in April 1884 verlaat kort voor sy finale B.A.-eksamen, en toe gaan boer. Al wat hy met hom saamgeneem het, was enkele stukkies klere en byna niks anders nie. Volgens Meintjes kon hy egter staatmaak op sy voortreflike liggaamsbou, sy krag, skerp sig, liefde vir vuurwapens en vir boeke. Hy het reeds op 'n vroeë ouderdom, waarskynlik omstreeks die tyd dat hy sy studie moes laat vaar, sy ortodokse Christelike opvoeding verwerp nadat hy vroeër die kerklike bediening as 'n loopbaan oorweeg het, en 'n Vrydenker geword.