Arp 273 is twee interaktiewe sterrestelsels sowat 300 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Andromeda. Dit is die eerste keer beskryf in die Atlas of Peculiar Galaxies wat in 1966 deur Halton Arp saamgestel is.

Die grootste een van die twee sterrestelsels, bekend as UGC 1810, is sowat vyf keer swaarder as die tweede stelsel, UGC 1813. Eersgenoemde se skyf is in ’n roosagtige vorm verwring deur die swaartekrag van laasgenoemde.

Die kleinste stelsel toon duidelike tekens van aktiewe stervorming in sy kern en daar word geglo dit het vroeër deur die groter een beweeg.

Verwysings

Eksterne skakels Simbad: Arp 273

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Andromeda (sterrebeeld) 273 Kategorie:Interaktiewe sterrestelsels