Arp 220 is twee botsende interaktiewe sterrestelsels wat besig is om saam te smelt. Hulle is sowat 250 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Slang.

Eienskappe duimnael|links|200px|Arp 220 van verder af gesien deur die Hubble-ruimteteleskoop. Arp 220 is die naaste ultrahelder infrarooi sterrestelsel (ULIRG) aan die Aarde. Sy energieproduksie word oorheers deur die infrarooideel van die spektrum.IRAS exposes a remarkable infrared galaxy, Physics Today, 37, deel 8, 18-20 (1984) Dit word dikwels beskou as die tipiese ULIRG en word as gevolg daarvan baie goed bestudeer.

Die grootste deel van sy energieproduksie is waarskynlik vanweë ’n groot uitbarsting van stervorming wat veroorsaak kan word deur die samesmelting van twee kleiner sterrestelsels.

Waarnemings in 2002 en 1997 deur die Hubble-ruimteteleskoop in die sigbare en die infrarooi-spektrum het meer as 200 groot sterreswerms in die middelste deel van die sterrestelsel onthul. Die grootste swerm is sowat .

X-straalwaarnemings deur die Chandra-sterrewag en XMM-Newton-satelliet het getoon Arp 220 het waarskynlik ’n aktiewe sterrestelselkern in sy middel. Dit laat interessante vrae ontstaan oor die verband tussen samesmeltings en aktiewe kerns, aangesien die samesmelting van sterrestelsels dikwels steruitbarstings veroorsaak en dalk ook supermassiewe swartkolke teweegbring soos die een wat skynbaar die aktiewe kern van Arp 220 van energie voorsien.

In Oktober 2011 het sterrekundiges tegelykertyd ’n rekordgetal van sewe supernovas in Arp 220 ontdek.

Verwysings

Eksterne skakels Hubble Sees Star Birth Gone Wild (SpaceDaily) 16 Junie 2006

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

220 Kategorie:Interaktiewe sterrestelsels Kategorie:Slang (sterrebeeld) Kategorie:Spiraalsterrestelsels Kategorie:Steruitbarsting-sterrestelsels