NGC 4676, ook genoem die Muise-sterrestelsels, is twee interaktiewe spiraalsterrestelsels (NGC 4676A en NGC 4676B) in die sterrebeeld Berenike se Hare. Hulle is sowat 290 miljoen ligjare van die Aarde af en is reeds miljoene jare aan die bots. Die lang getysterte van die stelsels, waar die naam "Muise" vandaan kom, dui daarop dat hulle waarskynlik reeds deur mekaar beweeg het. Hulle sal aanhou bots totdat hulle saamsmelt en een groot sterrestelsel vorm.
Die kleure van die stelsels is buitengewoon. NGC 4676A (regs op die foto) se stert is blou na aan die kern en word dan geler na buite, in teenstelling met feitlik alle ander spiraalstelsels waar die spiraalarms eers geel is en dan blouer na buite word. NGC 4676B se kleure is normaler, met ’n gelerige kern en blouerige oorblyfsels van spiraalarms.
Die stelsels is in 2002 deur die Hubble-ruimteteleskoop afgeneem.
Verwysings
Eksterne skakels APOD: When Mice Collide (6/12/04) The Mice Galaxies
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Arp-voorwerpe Kategorie:Berenike se Hare Kategorie:Interaktiewe sterrestelsels 4676 Kategorie:Spiraalsterrestelsels