NGC 2207 en IC 2163 is twee interaktiewe spiraalsterrestelsels sowat 80 miljoen ligjare van die Aarde af in the sterrestelsel Groot Hond wat besig is om te bots. Albei is in 1835 deur John Herschel ontdek. Tot dusver is vier supernovas al in NGC 2207 gesien (SN 1975A, SN 1999ec, SN 2003H en SN 2013ai).

Eienskappe NGC 2207 is besig om IC 2163 se materiaal aan te trek, maar anders as die Antenne- en Muise-sterrestelsels is hulle nog twee aparte stelsels omdat hulle in die beginfase van samesmelting is. In sowat ’n miljard jaar sal hulle na verwagting saamsmelt en ’n elliptiese sterrestelsel vorm.

Verwysings

Eksterne skakels HST: "A grazing encounter between two spiral galaxies" NGC 2207/IC 2163 NGC 2207 by ESA/Hubble Spitzer-ruimteteskoop

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Groot Hond Kategorie:Interaktiewe sterrestelsels Kategorie:Spiraalsterrestelsels